Author : Reggie Tordiffe
Publisher : Xlibris Corporation
Page : 248 pages
File Size : 48,8 Mb
Release : 2014-06-28
Category : Fiction
ISBN : 9781499086676
Die Natuur Se Sweepslag by Reggie Tordiffe Pdf
Aksie, drama, romanse, trauma, tragedie en intrige; dis alles hier in “Die Natuur se Sweepslag”. ‘n Negentienjarige, Suid-Afrikaanse meisie, Annelise, se lewe word bedreig deur ‘n psigopatiese afloerder wie uiteindelik by hulle huis inbreek met die doel om haar skade aan te doen. Sy neem haar toevlug na familievriende in Kanada. Hier word sy blootgestel aan die mees ondenkbaarste eise. Sy raak bewus van die wit ysbere se toenemende stryd om oorlewing. Die bere word genoodsaak om suidwaarts te begin trek, op soek na ‘n nuwe bron van voeding. Die mynwerkersgemeenskap is die bere egter geensins goedgesind nie, en skiet hulle dikwels voor die voet dood. Wanneer ‘n tweejarige wees ysbeertjie ook suidwaarts begin beweeg, besluit Annelise om in te gryp. Sy sal die beertjie moet oorreed om terug noorwaarts te keer. Sy sal haar moet vergesel en meer as sestig kilometer moet trek. Die temperatuur is minus veertig grade Celsius. Wolwe en moontlike sneeustortings sal getrotseer moet word. Sal sy hierin kan slag, en sal die psigopaat Kanada toe kom om met haar af te kom reken? Hierdie is ‘n boek wat beslis nie maklik neergesit sal kan word nie.